KOM RY SAAM OP DIE ROOI TREM Die Rooi Trem is die epiese verhaal van 'n eerste liefde van doer uit die laat sestigerjare wat veertig jaar weer ontvlam het. 'n Surrealistiese silwer spoor het hulle oor lande (Nederland en Suid-Afrika), tyd, taal en kultuur heen weer bymekaargebring, glo die outeurs. Hulle skryf oor hul herontmoeting en herontdekking van mekaar as ouer mense, al hul wonderlike en minder goeie ervarings in Nederland, Suid-Afrika en 'n paar ander lande en hoe hulle verskille en hindernisse oorkom het. Ook vertel hulle van hul kennismaking met ou energie, gedaantes, engele en geraamtes in die kas. Hul toegeneentheid aan mekaar, lewensfilosofiee en ou herinnerings het hulle met patos vasgevang, Briewe, resepte en drome lig hul samesyn verder toe. Stephanie en Henk nooi die leser om die rooi trem te bestyg en hul buitengewone reis saam met hulle mee te maak.
Die Rooi Trem: 'n Liefdesreis na 40 jaar
SKU: G31-BJ-SEPTEMBER2026-DD0367
ZARĀ 80.00Price
Authors
Stephanie Rappard, Henk RappardGenre
Memoir / LiefdesverhaalPublication Year
2019ISBN
9780000000000Format
Medium PaperbackCondition
Very Good
