top of page
Toe Anna Emm in 2002 uit haar onderwysloopbaan bedank om haar droom te gaan najaag, nl. die skryf van stories wat die wereld verander, het sy geen idee gehad waarheen hierdie pad haar uiteindelik sou lei nie. Vandag is Anna Emm (Pty) Ltd die grootste vervaardiger van oorspronklike kinderstories in Suid-Afrika, en ook een van die vinnig-groeiendste maatskappye. Die besigheid se uniekheid en vasberadenheid om dingeanders te doen, is 'n direkte gevolg van die vrou aan die stuur.
Met die toenemende aandag wat Anna Emm deesdae ontvang, het heelwat mense vrae begin vra oor die storie agter die stories. Almal is nuuskierig oor Anna, oor die pad wat sy gestap het tot hier, en oor haar love affair met woorde. Waar kom sy vandaan?
Hierdie is Anna se storie in haar eie woorde. Daar word soms na haar verwys as the child whisperer. Met haar amper magical slag met woorde, trek sy jou in elkeen van haar stories in tot daar waar jou tone krul en jy na jou asem snak. Hierdie boek is geensins anders nie. Soos Anna jou aan die hand vat en jou agter haar aan lei deur die donker kronkelpad van haar stormagtige verlede, en uiteindelik tot by die lig, sal sy jou nie onaangeraak laat nie.

Die Storieverteller se Boek

SKU: G31-BJ-SEPTEMBER2026-DD0367
ZAR 60.00Price
Quantity
  • Authors

    Anna Emm
  • Genre

    Outobiografie / Skryfkuns
  • Publication Year

    2016
  • ISBN

    9780000000000
  • Format

    Medium Paperback
  • Condition

    Fair
bottom of page