Die pad le donker, eindeloos voor my. Soos my lewe. Nee, soos my lewe was. Voor die son more opkom sal ek hom in die oe kyk, sal ek hom laat boet. Ek is op pad om my lewe terug te vat. Nie te vra nie. Nie te bedel nie. Te vat. So sal dit wees. Op die nagrit na Bloem-fontein onthou Anna hoe dit was. Hoekom sy as kind haarself Stom Anna genoem het. Want dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasge vind het, is iets wat sy nooit kon oorvertel nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin, Helena, nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is 'n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En tog is dit 'n verhaal wat troos. Omdat die skrywer anderkant uitgekom het. Vandag is sy getroud met twee kinders, en haar lewe gaan voort. Maar saans slaap sy steeds met 'n lig aan erens in die huis. en van kleins af praat sy met haar kinders oor seks. Sodat hulle kan weet wanneer hulle mag, en wanneer hulle moet, nee se. Dis ek, Anna is 'n boek wat elke mens moet lees. Dit is 'n verhaal van 'n tienermeisie se durf om te oor-leef. Wraak hoef nie die enigste uitweg te wees nie.
Dis ek, Anna
SKU: G35-BJ-03OCTOBER26-DD0367
ZARĀ 60.00Price
Authors
Elbie LotterGenre
Outobiografiese Fiksie / DramaPublication Year
2004ISBN
9780000000000Format
Medium PaperbackCondition
Good
