top of page
Jessica se kinders is uit die huis en sonder waarskuwing is egskeiding 'n werklikheid in die soort huwelik waarin niemand dit sou verwag nie, die minste van almal Jessica. En tot 'n mate haar man. Want dit het net gebeur, volgens hom, hy het nie daarvoor gesoek nie. Haar man se kollega, ja: bitter jonk, bitter mooi en bitter haastig.
Wat daarna gebeur terwyl Jessica haar wonde gaan lek, is eweneens nie iets waarvoor sy gaan soek het nie... En jare gelede het Jessica en haar man mekaar belowe as so iets ooit gebeur, sal hulle mekaar 'n gelyke kans met die teenstander gee.
Maar hier is lank nie meer net twee mense se gevoelens ter sprake nie en wie ook al watse besluite neem, gaan verskeie mense se lewe raak. As hierdie tydperk in Jessica se lewe haar nie breek nie en dit is hoe dit nou voel gaan dit haar maak en sy gaan met meer wysheid en krag anderkant uitkom.
Santie van der Merwe publiseer verskeie tydskrifverhale en verower die tweede prys in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse skryfwedstryd vir haar kortverhaal, 'n Dag in Junie.

Gelyke Kans

SKU: G35-BJ-03OCTOBER26-DD0367
ZARĀ 80.00Price
Quantity
  • Author

    Santie van der Merwe
  • Genre

    Afrikaanse Vrouefiksie / Romanse
  • Year of Publication

    2015
  • ISBN

    9780000000000
  • Format

    Small Paperback
  • Condition

    Very Good
bottom of page