DIE BRUID VAN BLOUBERG Die Branks van Blouberg laat nie met hulle speel nie, en Lecia Brank, mede-erfgenaam van die spogplaas Blouberg, is geen uitsondering nie. Maar vanuit sy graf trek oom Isak Brank nog vir oulaas 'n paar moutjies toe hy in sy testament bepaal dat Lecia sekere voorwaardes moet nakom, anders erf Wouter Fouche alles. Geen Brank kon nog ooit nee se vir 'n uitdaging nie, maar weet Lecia dat die voorwaardes behels dat Wouter 'n se het oor haar liefdeslewe en dat sy moet leer boer? HAAR NAAM WAS MARINA NEOns Portugese se liefde is net so fel en onblusbaar soos ons haat. Aan Ricardo Mendoca se waarskuwing, reeds met hul eerste ontmoeting, steur Marina Neser haar min. Want die blonde vlinder glo geen man kan haar vlerkies kneus nie. Maar dit was voordat sy Ricardo se neef, die aantreklike marques De Conna, ontmoet het 'n streng aristokraat wat nog nooit die lokstem van die liefde gehoor het nie. 'N NUWE DAERAAD Adri Basson se droom om internasionale roem as mannekyn te verwerf, word 'n werklikheid toe 'n Franse modebaas haar raaksien. Maar al uitweg om 'n verblyfpermit in Frankryk te bekom, is 'n geriefshuwelik. Haar voorwaardes? Die kandidaat moet geen liefde van haar verwag nie, en ook nie op haar werk inbreuk maak nie. Want Adri se loopbaan beteken vir haar alles. Toe die hertog Luciano del Rusconi aanbied om met haar te sou, stem die ambisieuse Adri goedsmoeds in. Waarmee sy egter nie rekening hou nie, is dat die hertog sy eie voorwaardes het...
Keur 3: Die Bruid Van Blouberg, Haar Naam Was Marina Neser 'n Nuwe Daeraad
SKU: G35-BJ-03OCTOBER26-DD0367
ZARÂ 70.00Price
Author
Susanna M. LinguaGenre
Afrikaanse RomanseYear of Publication
2005ISBN
9780000000000Format
Medium PaperbackCondition
Very Good
