Marike, het haar vader die naam van sy ongebore dogter op sy eie reis deur die newels in sy gedagtes geliasseer. Marike, het hy voor haar geboorte reeds geweet, sou anders wees. Sy sou die stof van die meule op Tweespruit agterlaat en deur ander landskappe na 'n eie bestemming reis. Dat die kind wie se oorsprong in Tholen in Zeeland le, uiteindelik aan die sy sou staan van 'n man wat bestem was om 'n lotsbepaler in Afrika te wees, dat Marike by die tafels van konings sou aansit, dat sy die letsels van kanker onder ontwerpersbaadjies sou moes versteek, dat roem sy eie prys het en dat sy ook bestem was om ongekarteerde landskappe te betree, die sou niemand kon voorsien nie. Marike de Klerk vertel 'n merkwaardige verhaal waarmee duisende vroue sal kan identifiseer. Die elegante dame aan die sy van die Staatspresident en Nobelpryswenner, die dinamiese vrou wat Eerste Vroue oor die hele wereld ontmoet, wat ook by geleentheid op tafels in motorhuise in Mitchells Plein sou staan om vroue te oortuig dat hulle oor beskik, gaan self deur tye van intense magteloosheid, swaarkry en oorwinning. Marike de Klerk se reis deur somer en winter, deur landskappe van lig en stormwind, maar veral haar reis na die sin van dinge en na God, is 'n onvergeetlike vertelling, 'n vroueverhaal met 'n trefkrag oor grense heen, 'n bittersoet liefdesverhaal.
Marike
SKU: G35-BJ-03OCTOBER26-DD0367
ZARÂ 60.00Price
Authors
Maretha MaartensGenre
Biografie / LewensverhaalPublication Year
1998ISBN
9780000000000Format
Medium PaperbackCondition
Very Good
