Maande, hele seisoene het by haar verby gegaan sonder dat sy daarvan bewus was, of van die feit dat sy lank tussen lewe en dood geswewe het. Tot daar op 'n dag 'n bruising teen die binnekant van haar skedel begin du, en stemme in 'n hospitaalkamer tot haar deurdring. Maar toe begin die vrae ook: Wie is sy? Wat is haar naam? Waarom het niemand nog na haar kom sock nie? En die ontsierende merke aan haar gesig? Met 'n Ander ek bou EKM Dido voort op haar bewese vermoe om karakters te skep wat jou intrek by hul pyn en vreugde. So 'n karakter is Egidius Papier wat haarself met die onwerklike naam benoem om net weer menswaardig te voel. Haar verblyf onder die bergies van Kaapstad, haar vasbeslotenheid om haar verlede en -moontlik-haar geliefdes terug te vind, gryp die leser aan. Soos ook die lot van Brainy, die bergie wat eens baie properties besit het, en nou met bekkigheid en sinlese veragting sy bestaan op straat regverdig en Egidius straatgeleerd maak. Dis 'n verhaal waarin uiterste alleenheid, bestaansangs enn brute humor (bergies sukkel nie met mooi broodjies bak nie!), asook onverwagte medemenslikheid die hoofkarakter begelei tot by die beslissende oomblik wanneer sy voor haar verlede staan.
n Ander ek
SKU: G35-BJ-03OCTOBER26-DD0367
ZARÂ 60.00Price
Authors
E.K.M. DidoGenre
Literere FiksiePublication Year
2007ISBN
9780000000000Format
Large PaperbackCondition
Very Good
