Hy skreef sy oe en kyk na haar silhoeet teen die lig. Iets glinster in haar regterhand. Hy weet oombliklik wat dit is en hoekom. Dis soos toe daardie man in sy sel ingestorm het, verskrikking en 'n skielike stuwing van lewenskrag. Hy koes kant toe so ver hy kan, gryp haar enkel en ruk. 'n Skoot klap naby sy kop. Die skoot tref klip en woer-woer weg met 'n geluid wat eensklaps stop as die koeel iewers vasslaan. Die vrou steier. Die pistool val op die grond. Daniel wag geen oomblik nie. Hy herwin sy balans en hardloop, spring oor klippe en bars deur bosse. Hy probeer nie eens dink oor wat gebeur het nie. Hy kan dit later doen, as hy lank genoeg leef.
n Ander mens
SKU: G35-BJ-03OCTOBER26-DD0367
ZARĀ 60.00Price
Authors
Zirk van den BergGenre
Literere FiksiePublication Year
2013ISBN
9780000000000Format
Large PaperbackCondition
Good
