IN DIE HONGER HART word Julia Naude se lewe onverwags in 'n heel ander rigting gestuur wanneer sy hoor dat haar peetpa die helfte van sy plaas aan haar bemaak het. Die ander helfte van die plaas het hy egter aan sy plaasbestuurder bemaak, en die vreemde voorwaarde is dat hulle trou en 'n jaar lank saam op die plaas bly. Anders word die plaas verkoop en gaan die geld aan liefdadigheidsorganisasies. DEEL VAN DIE PAKKET is die verhaal van Gita Duinen wat met heelwat bedenkinge 'n nuwe werk aanvaar omdat sy nog langer in Europa wil aanbly. Sy besef sy sal haar beeld moet verander, want die nuwe ambassadeur lyk nie na die soort man wat eksentrieke gedrag en hippieklere sal goedkeur nie - beslis nie by sy persoonlike assistent nie. Waarop Gita nie gereken het nie, is dat sy toenemend van hom as man bewus raak VERSKUILDE LIEFDE is in 1996 bekroon met die Ela Spence-medalje vir die beste liefdesverhaal en gaan oor dr. Edmund Wiese wat na twee jaar in Amerika terugkeer na Suid-Afrika, maar nog sukkel om die dood van y geliefde jonger broer te verwerk. Wanneer hy teesinnig besoek afle by sy skoonsuster wat hy nie eintlik ken nie, ontdek hy dat haar omstandighede baie anders is as wat hulle vermoed het en dat sy sukkel om die tweeling wat na haar man se dood gebore is, alleen te versorg. 'n Deernisvolle verhaal.
Omnibus 1: Die Honger Hart, Deel van die Pakket, Verskuilde Liefde
SKU: G31-BJ-SEPTEMBER2026-DD0367
ZARĀ 80.00Price
Author
Christine le RouxGenre
Afrikaanse RomanseYear of Publication
2009ISBN
9780000000000Format
Medium PaperbackCondition
Very Good
