top of page
Ena Murray se twee opeenvolgende romans oor die aangrypende ervarings van 'n jong meisie uit die on-derdorp wat op die harde manier kennis maak met 'n kant van die lewe waar geld en status die deurslag gee.
As die wind daaroor gaan speel af in 'n tyd toe vrye liefde ontstellende afmetings begin aanneem het. Ook was dit die tyd van verpligte militere diens in Suid-Afrika. Kort na haar skoolkys, Terence, se vertrek grens toe, ontdek die 18-jarige Nickey Buys, wat in Bokmakieriestraat woon, dat sy swanger is. Marie Buys, haar weduweemoeder, gaan konfronteer Te-rence se pa, die skatryk en vooraanstaande Christian Basson, met die feite, maar moet sy huis onverrigter-sake verlaat. Ramp op ramp volg, en dis net Anne-marie, Christian se gewese vrou, en die wyse en lief-devolle tant Hessie wat sorg dat Nickey kop bo water hou.
In En die wind het gaan le volg die leser die onstuimige lewensloop van Nickey, wat intussen deel geword het van die welvarende Basson-huishouding. Sy probeer haar bes om by die rykmanslewe ate pas, maar dis net asof niks vir haar wil uitwerk nie. Trouens, wat met haar in die spogbuurt gebeur, is so traumaties en ingrypend dat sy op 'n dag besluit om haar goed te pak en na haar huisie in Bokmakieriestraat terug te keer...

Omnibus 30: Die Wind Daaroor Gaan, Die Wind Het Gaan Le, Nawoord Deur Die Skrywe

SKU: S1B-BJ-SEPTEMBER26-LBS
ZAR 60.00Price
Quantity
  • Author

    Ena Murray
  • Genre

    Roman
  • Publication Year

  • ISBN

    9780000000
  • Format

    Medium Paperback
  • Condition

    Good
bottom of page