top of page
Met die oorspronklike publikasie van hierdie drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners, het Ena Murray op-nuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal ge-stand gedoen.
In *Die Meissner-Kliniek* ontmoet die leser die stigter van die eks-klusiewe privaat kliniek, dokter Albert Meissner ook bekend as Godfather en die gedugte span dokters wat vir hom werk. So lojaal is hulle teenoor hom, en so toegewyd tot hul taak, dat hulle onder die res van die medici in die land bekend staan as die Mafia! Maar op 'n dag word die vrede en kliniese orde in die kliniek omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk, 'n meisiekind wat lyk asof sy nog op skool hoort met haar jeans en tekkies en twee boksterte. Min weet die ander dokters dat sy eintlik 'n gekwalifiseerde pedia-ter is, en die ware kleindogter van dokter Albert Meissner!
*Dokter Julene*
Julene Meissner verlaat die veilige hawe van die Meissner-kliniek om haar by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit. Nog hy ny vrou van veertig jaar het egter van die dogter se bestaan geweet... Julene besef gou dat sy nie Switserland haar nuwe tuiste wil maak nie, en aanvaar oorhaastig 'n tydelike pos as per-soonlike geneesheer van 'n ver-wende Turkse meisie wat haar rug in 'n ski-ongeluk beseer het. Julene het gehoop om sodoende nie net 'n inkomste te verdien nie, maar ook vir die eerste keer in haar lewe die wereld buite Suid-Afrika te verken. Maar sy is min voorbereid op die eksotiese sjarme en oorrompelende magne-tisme van Istanboel en veral een inwoner van die Turkse stad...
Die Ongebore Uur
Inge Buchner, agterkleindogter van dr Albert Meissner, het een doel voor oe: om te sorg dat daar eendag weer 'n dokter met die van Meissner aan die hoof van die kliniek staan. Dis die dat sy in haar tweede jaar medies besluit om Suid-Afrika te verlaat en haar studie in Duitsland voort te sit-aan die Universiteit van Hamburg, daar waar die oorspronklike Meissners...

Omnibus 37: Die Meissner-Sage

SKU: S1B-BJ-SEPTEMBER26-LBS
ZAR 60.00Price
Quantity
  • Author

    Ena Murray
  • Genre

    Roman
  • Publication Year

  • ISBN

    9780000000
  • Format

    Medium Hardcover
  • Condition

    Very Good - Almost Like New
bottom of page