Drie susters met die onstuimige bloed van 'n Italiaanse ma en 'n Boerepa beleef elkeen 'n krisis in hulle liefdeslewe. Wel, as mens kan se Vanessa het voorheen 'n liefdeslewe ge-had - behalwe nou die skandelike episode in Venesie - want sy is met haar beroep getroud en haar nuwe baas is haar vyand: onbehoorlik aantreklik soos die man is. Lona veg op haar beurt deur bootcampklasse om haar lyf die een van voor haar twee babas - terug te kry en haar man uit 'n blonde feeks se kloue te hou. Die jonge Sienna daardie klein merrie oorspeel hierdie keer haar hand met haar pa, haar Ekonomie-professor sowel as met haar varsitypel, wat toe nie die nerd is waarvoor hy soms aangesien word nie. Voeg daarby 'n Italianer wat onwetend goed bewaarde geheime blootle, 'n ouma wat presies weet hoe die lewe werk en 'n pa wat vasberade oor sy dogters se sedes waak. Maar meisies met staal in hulle stiletto's gooi nie sommer die handdoek in nie.
Stiletto's van Staal
SKU: G35-BJ-03OCTOBER26-DD0367
ZARĀ 80.00Price
Authors
Bernette BergenthuinGenre
Afrikaanse fiksiePublication Year
2014ISBN
9780000000000Format
Small PaperbackCondition
Very Good
