top of page
Eerlike liefdestonele, onvergeetlike karakters, humor en heimwee en die boeiende ontknoping van 'n oenskynlik doodgewone verhaal hou die leser deurgaans gevange in hierdie omvangryke roman.
Op Rietkuil heers die idille en oor alles troon Perdekop. Dit is hier waar Alwyn die liefde leer ken en dit in die kiem moet smoor. Jare na sukses en tragedie oor hom en sy mense heen getrek het, keer hy terug na die reusekop wat nog altyd oor Rietkuil se mense gewaak het.
In sy visioene is dinge sag, asof hy deur gerookte glas kyk. Die Land Rover se profiel is hoekig en die son vlam op die kruin. Hy kry die reuk van 'n warm enjin. Kiewiete raas bokant sy kop. Wat hy nou sien, is nie 'n visioen wat gaan verdwyn nie.
Bosman is met die Ingrid Jonker-prys bekroon vir sy poesiedebuut Ryp geel kring en het ook twee kortver-haalbundels op sy kerfstok: Soms mis die hart 'n slag en Vergissing. Uitsig op Perdekop is sy eerste roman.

Uitsig op Perdekop

SKU: G35-BJ-03OCTOBER26-DD0367
ZARĀ 80.00Price
Quantity
  • Authors

    P.J. Bosman
  • Genre

    Liefdesroman / Familieroman
  • Publication Year

    2007
  • ISBN

    9780000000000
  • Format

    Medium Paperback
  • Condition

    Like New
bottom of page