top of page
Ons geskiedenis vertel die verhaal van praters en doeners. Ook die Afrikaner se selfbeskikkingstrewe word gekenmerk deur die wat vryheid van dakke af skree en dan weer die gemak stoel voor die televisie inneem, wagtende op vryheid. Ander dink dat vryheid iets is wat opgeeis kan word - so asof iemand dit sal gee net omdat dit so goed gevra of so daadkragtig geeis word. Sedert die 1980's is daar egter 'n beweging van Afrika ners wat vryheid op die moeilike, harde manier van onder af opbou en uitleef. Die Orania Beweging en sy lede het nog lank voor die politieke veranderings van die 1990's die ongewilde grondwerk vir 'n nuwe toekoms vir ons mense begin doen. Een van die belangrikste rolspelers sedert daardie tye is die huidige president van die Beweging, Carel Boshoff.
In Vender as Vryheid word die verhaal van hierdie Beweging deur Boshoff vertel. Hoewel nie 'n outobiografie nie, is dit by tye 'n diep persoonlike weergawe van die bou van 'n Beweging waar mense ook hulself vir die saak moes gee. Dit is nie 'n politieke ontleding nie, hoewel dit vol skerpsinnige politieke waarnemings is. Dit is ook nie 'n politieke manifes nie, hoewel dit 'n duelike visie oordra vir Afrikaners wat self hul lot as volk wil bepaal. Dit is die eerste keer sedert die 1990's dat 'n volledige uiteensetting van die aanloop en motivering van die Afrikaner se vryheidstrewe, soos deur Orania en die Orania Beweging vergestalt, gegee word.
Boshoff neem 'n lang en noodsaaklike aanloop om die Afrikaner se geskiedenis in die twin-tigste eeu en die oorgang van die eerste (landelike, tradisionele) tot die tweede (stedelike, moderne) Afrikaner onder oe te neem en die noodsaak van 'n Afrikanerhergeboorte in die vorm van die derde, nog ontluikende Afrikaner te bepleit en om Orania as die fokuspunt van daardie ontwikkeling te beskryf. Daarmee saam word ook begrippe soos volk, staat, nasie, volkstaat, nasiestaat, territorialiteit en vryheid op 'n nuwe manier ontleed.
Die skrywer se diep politieke insigte, sy vertelling van die meer onlangse dramatiese en dikwels traumatiese politieke veranderings en die uitwerking wat dit veral op die Afri kaner het, gegeur met persoonlike gebeure en sse geleer, Griekse mitologie en Wes-terse filosofie, maak hierdie boek 'n genot om te lees en laat die leser met ander oe na Suid-Afrika en die Afrikaner kyk, anderkant van ANC-transformasie en Afrikaneragter-hoedegevegte en selfs verder as die blote vryheid waarna Afrikaners onder beleg so smag.

Verder as Vryheid

SKU: G35-BJ-03OCTOBER26-DD0367
ZAR 150.00Price
Quantity
  • Authors

    Carel Boshoff
  • Genre

    Politiek / Kultuurgeskiedenis
  • Publication Year

    2015
  • ISBN

    9780000000000
  • Format

    Medium Paperback
  • Condition

    Very Good
bottom of page