Dit begin met 'n verskrikking wat
nooit verby sal gaan nie ...
Paula Krige se lewe verander soos
handomkeer toe sy afkom op haar man met
'n gifpyl in sy maag en haar dogtertjie se lyk.
terwyl vreemde drom- en tokkelklanke deur
die lug vibreer. En haar seuntjie
is nêrens te vinde nie ...
Sy het altyd alles en almal aan Hermanus
gemeet. Hy was onkreukbaar, sy skadu het
heeltyd oor haar en die kinders geval. hy
was die wal wat die water ingehou het ...
Toe sy egter op inligting afkom wat haar
laat besef dat sy hom nie werklik
geken het nie, word haar nagmerrie groter.
Leidrade dui daarop dat daar 'n trance-dans
in haar huis was tydens die misdaad.
Dié dans, wat sentraal staan in die San
se rotskuns, kan die sleutel tot die geheim
wees en Paula word na Lesotho se berge gelok
om die tergende raaisel te ontrafel.
Die soektog na haar kind word ook 'n soektog
na haar man se ware aard en uiteindelik
word dit meer as net die soeke na oplossings.
Dit lei haar tot die ontdekking van Hermanus
se behoefte aan 'n 'ander self". en die
katastrofale gevolge wat kan ontstaan wanneer
iemand van een kultuur die terrein
van 'n ander betree.
As die eland struikel
Author
Martie MullerCondition
Very Good
Format
Medium
Language
Afrikaans
