Gebore in 1946, spandeer Rian Pieterse sy vormingsjare in die rustige omgewing van Skoonkloof, 'n tabakplaas naby Rustenburg. In 1964 matrikuleer hy in Johannes-burg en sluit aan by die tegniese afdeling van die S.A.U.K. terwyl hy terselfdertyd studeer in die sielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika. Later word hy oorgeplaas na die S.A.U.K. se nuuspersoneel en met die stigting van die Sondagkoerant, Die Beeld, word hy deel van die Johannesburgse redaksie. Met die samesmelting van Die Beeld en Dagbreek sluit hy aan by die redaksie van The Star. Later word hy 'n sakeman en eienaar van 'n reisburo, toeragentskap en uitgewery. Rian Pieterse, skrywer en medeskrywer van meer as sestig kleuterboeke, woon tans saam met sy vrou en drie dogters in Randburg waar hy homself voltyds met sy skryfwerk besig hou.
Die Koningin van Skeba se Tydmasjien
SKU: BJ_LBS1125_20041
R25.00Price
Author
Rian PieterseFormat
Medium Hard CoverCondition
Very GoodGenre
HistoricalLanguage
Afrikaans
