top of page

Is die eindtyd in sig?
Lees'n mens wat Nostradamus oor ons eeu "gesien" het, lyk dit asof die rinde
van die beskawing, soos wat ons dit ken, net om die draai is,
Maar wie is dié 16de eeuse mistikus, astroloog en profeet dat'n mens jou aan
hom sou steur? Waarom is mense na soveel eeue steeds gefassineer deur wat hy
in sy Centuries geskryf het?


Nostradamus, skryf Eben Meiring in Nostradamus en die einde van die millennium,
is en bly uniek, "Niemand kon hom dit nog ooit nadoen nie. Hy is nie onder dit
bondel pseudo-sienertjies wat die einde van die wereld om elke draai preek nie".
Bowendien bly sy profesierekord sy welsprekendste getuigskrif: Napoleon, Pasteur,
Franco, Hitler, Kennedy, Khomeini, die Shah, Saddam Hoesein, Thatcher, Prinses
Diana, Clinton, De Klerk, Mandela en baie ander openbare figure tree met
ontstellende helderheid uit sy profesieë na vore. En soos ons eeu sy einde nader,
word sy voorspellings oor die einde van die millennium gaandeweg duideliker.
Hierdie boek verwys uitsluitlik na Nostradamus se visie oor die 20ste eeu. Behalwe
vir die terugblikverwysings na sy profesierekord van die 16de tot die 19de eeu,
handel dit hier om die dinge en mense wat hy vir ons tyd voorspel. Hy verwoord
die groot oomblikke en die gruwels van ons eeu, hy praat met ons deur die
koerantopskrifte van die dag: van kern- en heilige oorloë, terreur, geldkrisisse,
natuurrampe en Vigs.


Selfs al sou 'n mens geen woord van
Nostradamus se profesieë glo nie,
bied sy werk 'n spanningsavontuur
en 'n stuk wetenskapfiksie soos min!

Nostradamus En Die Einde Van Die Millennium

R50.00Price
Quantity
  • Author

    Eben Meiring
  • Format

    Medium Paperback

  • Condition

    Very Good

  • Language

    Afrikaans

bottom of page