Die liggaam is nie jou vyand nie, het hy begin. Ons leef dubbeld, die bewus-
syn en die liggaam, die een lewe is weggesteek in die ander een. Hulle is een,
maar soms moet die een die knie voor die ander een buig ... Die geheim lê by
aanvaarding, aanvaar dat ons twee keer onsself is.Oplaas 'n nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles.
In 'n klein tuinwoonstelletjie sit en luister 'n oudonderwyser een
stormagtige aand na 'n vrou wat met heimwee sing van 'n rivier in
'n ander land, van die verlies van 'n vaderland, en van 'n koesterende
wereld. Min weet hy wat wag op hom die volgende dag ... Dat die
verlede 'n manier het om jou spoor te volg, en jou te dwing terug na
waar alles begin het.
Op 'n dag, 'n hond is 'n besinning oor die vervlietendheid van die
menslike bestaan en weerspieël eindelik 'n merkwaardige insig in die
mens se lot. Dit is 'n aangrypende roman en word, soos altyd, ge-
kenmerk deur Miles se aweregse humor.
Op 'n dag, 'n hond
Author
John MilesFormat
Large Paperback
Language
Afrikaans
Condtion
Very Good
