top of page
Toe die skoolhoof die vermiste goue pen uit Elmie se biologieboek optel en voor die klas omhoog hou, was niemand seker meer verbaas as sy self nie. Maar haar uitdrukking van verbasing het binne 'n oogwenk verander in een van skok, want in die baie pare oë rondom haar kon sy maar te duidelik sien dat sy reeds skuldig bevind was.
Hoe nou gemaak? Elmie moes toegee dat haar omstandighede alleen haar alreeds die ideale sondebok gemaak het. Die feit van hul armoede was alombekend, want haar pa was verlam en haar ma kon beswaarlik die pot aan die kook hou met haar karige inkomste. Om dinge te vererger het haar broer, Riaan, vir wie sy baie lief was, meermale voor almal sy begeerte uitgespreek om juis so 'n pen te besit. En dan was daar nog daardie ander verdoemende brokkie inligting waarvan sy tot vroeër die oggend niks geweet het nie, naamlik dat haar pa die besering wat hom verlam het, opgedoen het toe hy jare tevore by 'n bankroof betrokke was....

Vasbyt, Elmie

SKU: BJ_LBS1125_20061
R25.00Price
Quantity
  • Author

    Lea-Lynn Potgieter
  • Format

    Medium Hardcover
  • Condition

    Very Good
  • Genre

    Youth Fiction
  • Language

    Afrikaans
bottom of page