20 Oktober 1959. Peter Blum se eerste aansoek om Suid-Afrikaanse burgerskap
het in 1948misluk. Nou wil hy weer probeer. Hy bespreek dit met W.E.G. Louw
wat hulp belowve het:
Ek woon al sedert my kinderjare in hierdie land, en het maar betreklik
vae herinnerings van ander. Deels hierom, deels om ander redes ... het
ek my ook meer ingeleef in 'n Afrikaanse gedagtesfeer. Om hierdie redes
voel ek dit met 'n mengsel van weemoed en bitterheid dat ek nog nie ten
volle deur hierdie land aanvaar is nie.
13 Augustus 1963. Peter Blum uit Londen aan Barend Toerien:
"Ons land" - dit was nie altyd ons s'n en sal nie altyd ons s'n bly nie;
hy het reeds opgehou om myne te wees - eintlik reeds in 1948.
Wat het geword van Peter Blum? gee die agtergrond van dié twee uitsprake.
Uitsprake wat 'n verwikkelde gemoedsverandering verraai.
Peter en sy vrou verlaat Suid-Afrika op 18 Mei 1960. Die digter van
die literêr hoogstaande, vernuwende én omstrede Steenbok tot poolsee en
Enklaves van die lig vestig hom in Londen.
Aanvanklik is daar nog af en toe kaartjies aan sy kennisse, maar dis vol
afkeer van die politieke en veral Afrikaanse literere bedrywighede. Dan
uiteindelik: stilte.
J.C. Kannemeyer begin daarom in 1992 'n speurtog na hom. Hy gaan
self na Londen om te probeer vasstel: Leef Blum nog? Skryf hy? Het
Suid-Afrika dié belangrike digtalent vir ewig verloor? Het ons te doen met
die tragedie van 'n literêre selfmoord?
En: Waarom het Blum so onverbiddelik sy rug gekeer op 'n land waar hy
literêr so presteer het?
Daarvoor doen hy indringende dokumentestudie, met toespitsing op die
uitgebreide korrespondensie van Blum met figure soos Ernst Lindenberg,
Jac. Louw, D.J. Opperman, W.E.G. Louw, N. P. van Wyk Louw en Jan
Rabie. Hy boekstaaf die ontvangsgeskiedenis van Blum se skryfwerk;
diep ongepubliseerde gedigte en satires op: versamel in 'n "Naspel" onge-
bundelde literêre artikels en vertaalde gedigte.
Gaandeweg kom ook die mens Blum na vore. As die uiters belese
intellektueel, as kenner van die skilderkuns, geskiedenis en musiek. As
geestige mens.
Maar die leser ontmoet ook 'n enigmatiese persoonlikheid, iemand wat
smag na aanvaarding en koestering, maar wat telkens mense van hom
verdryf - 'n steppewolf wat nurks deur die lewe hink.
Wat het geword van Peter Blum?
Author
J.C. KannemeyerFormat
Medium Paperback
Condition
Very Good
Language
Afrikaans
