top of page

WEGKOMKANS is 'n roman oor die ver-
houding tussen tien vriende oor 'n
tydperk van tien jaar, wat strek van die
politieke noodtoestand in die jare
tagtig tot die demokratiese bevryding.
Soos in 'n stadige dans beweeg hulle or
mekaar, nader en verder, en weer nade
en deel in mekaar se ekstase en smart,
vrese en fantasieë. Hulle ontmoet
mekaar tydens "wegkomkanse" by die
see, gewoonlik in 'n strandhuis, en
praat oor politieke geweld en emi-
grasie, seksuele frustrasies, sperm-
tellings en plooie. Soms met spot en
selfspot, soms hartstogtelik. "Verlore
liefde tussen twee mense," verklaar ee
van die karakters, "kan so tragies wees
soos verlore menseregte vir miljoene.
Die huwelik, "die laaste groot avon-
tuur wat vir die middelklas oorbly", lo
vir byna almal in die groep op 'n fiask
uit, nuwe verleidings en verhoudings
volg, en die vreugde én risiko van oue
skap word 'n nuwe onderwerp van
bespreking. Tegelyk begin die jeugdig
glans verdof, en keer pynlike werk-
likhede die blik na binne. Uiteindelik
dit vriendskap wat die aanslag van tyd
en trauma deurstaan; wat 'n skans tee
verlies vorm.

WEGKOMKANS bied prikkelende insigt
in mense se versugtinge en ontnug-
teringe; in die verraderlikheid van die
hart. Marita van der Vyver se sensuele
styl sleur die leser mee - van die groep
foto aan die begin, waar die groepie
vriende lewenskragtig op die drumpe
van groot dinge staan, tot by die foto
aan die einde, waar die oorblywendes
poseer. Deur die lewe gekneus, maar
nie geknak nie.

Wegkomkans

R60.00Price
Quantity
  • Author

    Marita van der Vyver
  • Format

    Medium Paperback

  • Condition

    Very Good

  • Language

    Afrikaans

bottom of page